See What Our Clients Say!


Grietje Odendaal

Goeiemore

‘n Week gelede moes ons afskeid neem van ons moeder Mev Hillechien Koetje. ‘n Ondervinding wat nie vir ons almal maklik was nie.

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om vir Medifrail by Olive te bedank vir alles wat hul vir my moeder gedoen het- Dit het begin by ‘n egte Hollandse Moedersdag, wat ‘n riem onder die hart toe hul vir ons die foto stuur!

Met die inperkinge was dit moeilik, Maar Gerridda en suster Winnie het uit hul pad gegaan en moeite gedoen om dit alles vir ons makliker te maak.

By Olive medifrail is elke pasiënt nie net ‘n gesig nie, maar het deel geword van die familie, so het ons gevoel. Omdat sy by ons, by my broer en by my , gebly het, was dit vir ons baie baie moeilik om haar te laat versorg, maar wat ‘n groot vertroosting om haar daar te kon laat versorg.

Suster Winnie , Gerridda, elke een van die personeel is Engele met vlerke!

Baie baie dankie vir jul onbaatsugtige liefde , versorging met moeder en ondersteuning vir elkeen van ons van die Koetje familie.

Baie dankie dat geen oproep wat ons gemaak het te veel moeite vir jul was nie en ons in hierdie tyd so kontak kon hou met moeder.

Baie dankie vir elke foto en video wat jul van haar vir ons gestuur het. Kosbare herinneringe in die tyd wat sy so siek was.

Baie dankie vir die fantastiese versorging wat sy by julle gekry en ondervind het. Niks was te veel moeite nie, selfs op haar laaste het jul haar vertroos en so goed versorg.

Baie dankie dat ons in hierdie kort tydjie deel kon wees van die Olive Medifrail, dit sal altyd vir ons pragtige herinneringe wees in ‘n tyd was vir ons almal en vir julle, met die inperkinge , so moeilik was.

Graag sal ons Medifrail by almal wil aanbeveel vir versorging.

Vriendelike groete / Kind regards